The Hilton Bed & Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Hilton B&B is 'n gastehuis in Hilton, 11 km van die hartjie van Pietermaritzburg af. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek naby 'n verskeidenheid geriewe.

Verblyf word aangebied in 5 slaapkamers wat elk smaakvol versier is. Die slaapkamers beskik elk oor 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en toilet. Die geriewe in hierdie kamers sluit gratis WiFi, 'n haardroër, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n verwarmer, elektriese kombers en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Heerlike ontbyt word bedien en aandete kan ook gereël word teen 'n ekstra koste. Die gastehuis het 'n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan ontspan en daar is braaigeriewe tot gaste se beksikking. Klein, gehoorsame troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word en daar is veilige parkeerplek vir jou voertuig agter afstandbeheerde hekke.

Ons is naby hope winkels, restaurante, Karkloof Crane Conservancy, Midmardam, Karkloof Canopy Tours, Howick-watervalle en die Mandela Capture Site geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Hilton Bed & Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za