The Lodge @ Thaba e Ntle
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Erfdeel 31 langs die R511, Thaba e Ntle Privaat Wildlodge, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R4 625 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Lodge @ Thaba e Ntle is reg langs die R511 en bied outentieke, privaat en omgewingsvriendelike verblyf in die pragtige Thaba e Ntle Privaat Wildlodge wat ongeveer 14 km buite Thabazimbi is. Dit is die ideale plek vir 'n rustige wegbreek saam met die gesin.
Die lieflike eiendom bied slaapplek aan 6 volwassenes en beskik oor 3 aparte chalets met lugversorging. Elke chalet het 2 enkelbeddens wat ook as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word op versoek. Die badkamer in elke chalet het 'n stort, wasbak en toilet en elkeen het ook 'n buitestort. Alle linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Daar is 'n oopplan-hooflapa en dit beskik oor 'n aparte kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolf, Nespresso-koffiemasjien, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die lapa bied ook 'n knus sitarea met 'n kaggel en 'n eetarea met genoeg sitplek. Daar is ook 'n ysmasjien en oorgenoeg verkoelspasie vir gaste se drankies. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die lodge het 'n klimraam vir kinders en 'n piekniekplek onder die bome.
Gaste kan ook die ander venues op die plaas teen 'n ekstra koste bespreek om van die geriewe gebruik te maak.
Thaba eNtle bied aktiwiteite, pieknieks en opgemaakte bokse. Doen asb. direk by die instansie navraag vir meer inligting.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Lounize Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 23
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Erfdeel 31 langs die R511, Thaba e Ntle Privaat Wildlodge, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Gaste dink The Lodge @ Thaba e Ntle het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thabazimbi Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Erfdeel 31 langs die R511, Thaba e Ntle Privaat Wildlodge, Thabazimbi, 0380, Limpopo