The Log House by Salted Fynbos Staying
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 30 Apr 2024 tot 12 Jun 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Af van die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 450R1 633 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Log House by Salted Fynbos Staying is in die idilliese kusdorpie Pearly Beach geleë. Dit is 'n bekoorlike selfsorghut wat met 'n asemrowende stranduitsig spog. Hierdie hut is perfek vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige ontsnapping wat stapafstand vanaf die strand is.
Dié smaakvol ontwerpte hut bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Hierdie slaapkamers het 'n kaggel en spog met 'n uitsig oor die see. Die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gerieflike sitkamerstel, koffietafel en 'n ingeboude braai. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8.
Wanneer gaste die stapeldeure oopmaak kan hul in die rustige skoonheid van die welige tuin ontspan en 'n lieflike buitelug-eetervaring op die stoep geniet. Hiér kan gaste deur 'n asemrowende see-uitsig betower word. Hierdie hut bied direkte toegang tot die strand en gaste kan 'n verskeidenheid van wateraktiwiteite soos Stand Up Paddle Boarding en swem geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by The Log House by Salted Fynbos Staying sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 18
Jare op LekkeSlaap 2
Ligging
- Af van die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Af van die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom