Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Mount Knysna

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Glen View-weg 5, Coney Glen, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Mount Knysna Boutique Hotel is teen die wêreldbekende Knysna Koppe geleë is en asemrowede uitsigte op die Knysna Koppe en die omliggende omgewing bied. Dié hotel poog om jou verblyf absoluut onvergeetlik te maak en dit is die ideale plek om te ontspan en alles te geniet.

Verblyf word gebied in luukse suites. Elke suite het ongelooflike uitsigte op die Knysna Koppe en beskik oor 'n en suite-badkamer met luukse badkamergeriewe, 'n japon, pantoffels, lugversorging, 'n platskerm-TV (42") met DStv en flieks op versoek, gratis hoëspoed-WiFi, kroegie, kluis en 'n koffiemasjien. Daar is 4 manjifieke suites, asook 'n luukse gesinsuite.

Daar is 'n verhitte randvloerswembad, wat die ideale plek is om te ontspan en om die ongelooflike uitsigte op die Knysna Koppe te geniet terwyl jy aan 'n skemerkelkie teug.

Daar is ook 'n luukse privaat teater met sitplek vir 12 waar jy die nuutste flieks kan geniet. Hiér kan jy lekker op 'n gemakstoel ontspan en peuselhappies en drankies geniet.

Die wynkelder bied verskeie unieke en gesogte Suid-Afrikaanse wyn wat perfek met jou maaltyd saamgaan.

Die gemeenskaplike geriewe en luukse kamers is smaakvol gemeubileer en versier en bied topdiens en luuksheid wat enige verblyf 'n onvergeetlike ervaring sal maak!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Glen View-weg 5, Coney Glen, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Glen View-weg 5, Coney Glen, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYyYWQwYmNhLTA0NTEtNDEwYS1iODhlLWEwOWFiNTA5NWMwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2) 5 Glen View Road Coney Glen 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.078818 23.066067
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem