The Mountain House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Mountain House is in Clovelly in die Kaapse Skiereiland geleë. Jou eerste indrukke van The Mountain House gaan jou aan 'n zen-atmosfeer laat dink. Die hoë plafon, prentjievensters, ligte kleurskema en eenvoudige meubels skep 'n lugtige kalmte.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Die kombuisie is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 2 dagbeddens en daar is 'n TV met 'n DVD-speler. Gratis WiFi word voorsien. Die leefarea bied toegang tot 'n groot dek met 'n pragtige uitsig oor die braai-area in die privaat inheemse tuin. Daar is ander geriewe soos parkeerplek op die perseel, 'n aparte en privaat ingang en ondervloerse verhitting.

Slaapplek

'n Bespreking by The Mountain House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Mountain House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za