The Mustard Seed

Selfsorg

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Peet V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Ons het baie lekker gebly, gasheer baie behulpsaam. Ons het regtig geen klagtes oor die woonstel nie, lekker ruim met alles wat jy benodig vir selfsorg. Al wat dalk 'n klein probleem is, is die hangplek in die hangkas bietjie knap, maar te verstane met die geyser wat in die een kas is, maar ons het reggekom. Wat ons dalk kan aanbeveel, is dat hulle onder op die grondvloer langs die straat dalk 'n bord met die naam The Mustard Seed opsit. Ons het seker vir 'n uur gesoek na die plek, my motor se GPS het bly sê ons het ons bestemming bereik al het ons drie keer om die blok in die nou strate gery. Ek kon nie die gasheer in die hande kry nie, want ek het nie die regte selnommer gehad nie. Selfs die buurtwagte onder op die hoek van die woonstel in die straat het al ooit van so 'n plek gehoor nie, die een sê hy is al 25 jaar 'n wag daar. Ek moet sê die gasheer was baie behulpsaam, het selfs aangedring om my te help om ons goed op te vat na die woonstel en het ons met enige probleme kom help, by die TV waarmee ek gesukkel het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Bertus
The Mustard Seed
Beste, Peet, Baie dankie vir julle wonderlike terugvoer en dat julle by The Mustard Seed kom bly het! Ons is baie bly om te hoor dat julle so lekker gebly het en dat die woonstel ruim en goed toegerus was vir julle behoeftes. Dankie ook vir die mooi woorde oor ons gasheer, Bertus. Dit beteken vir ons baie. Die praktiese terugvoer word ook waardeer. Ons neem kennis van die hangruimte in die kas en sal kyk hoe ons dit meer gerieflik kan maak binne die beperkinge van die geyser. Die voorstel oor die naam-bord onder by die straat is uitstekende terugvoer. Baie dankie! Ek is jammer dat dit so moeilik was om die plek te vind. Ons gaan beslis werk aan duideliker aanwysings en beter sigbaarheid om toekomstige gaste se aankoms makliker te maak. Weereens baie dankie dat julle die tyd geneem het om terugvoer te gee. Ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Bertus Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 4 maande

Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Church Street, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2d3a6bfad279777f247def9c54b3b06549f98d2648485701f6ab592c1d26b250140cf536734d1fca3c935cc353a7dca61c69?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 23 Church Street Stellenbosch Central 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.937833227505 18.861276746592

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang