Elandsvallei Akkommodasie by The Outpost Dullstroom | LekkeSlaap
+78

The Outpost Dullstroom

  • Kapasiteit: 41 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 15, Middelpunt Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Outpost is 'n hartlike en verwelkomende selfsorg-gasteplaas in die rustige omgewing van die luisterryke Dullstroom. Twee groot damme met jetties bied die perfekte agtergrond vir 'n vroegoggend stappie of skemer wandeling, omring deur die volop voëllewe en wild soos blesbokke, elande, springbokke en volstruise is. Die beskutte wildsarea is oop vir alle gaste.

Fisherman's is 'n romantiese hut in die woud wat omring word deur die lieflike aronskelke wat welig hier groei. Die sonsopkoms oor die dam bied die perfekte uitsig.

Die Stal is 'n knus kothuis met volledige DStv. Dit is perfek vir 'n gesinswegbreek. Van hier af kan jy die son sien sak oor die plaas met al sy plaasdiere wat beeste en skape insluit.

Feathers is 'n huislike eenheid met 'n uitsig oor die ou stalle. Dit is perfek vir 'n paartjie wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.

Die Damhuis, 'n ou dam wat nou in 'n huisie omskep is, is 'n groot gesinseenheid met slaapplek vir 6. Dit het DStv, 'n pool-tafel en 'n binnebraai.

Die Sara-eenhede is ideaal vir gholf-entoesiaste, (die Highland Gholflandgoed is maar 15 km van ons af), verjaardagpartytjies en groepe. Elke eenheid het slaapplek vir 6 (enkelbeddens) en daar is aparte ablusiegeriewe vir mans en vroue. 'n Volledig toegeruste, gemeenskaplike kombuis het eetgerei en breekware. Daar is 'n gaste-sitkamer met 'n kaggel, buite-braaigeriewe, 'n lapa, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en die eenhede kyk uit oor een van die groot damme op die plaas.

Die kapel in die bos bied 'n intieme, prentjiemooi atmosfeer vir enige toekomstige bruid of 'n pragtige doop.

Ongelukkig word visvang nie toegelaat nie, maar die buurplaas bied laer tariewe vir gaste.

Ons het volledige konferensiegeriewe, 'n troulokaal en spesiale spanbou-pakkette. Entoesiastiese gholfspelers kan gebruik maak van ons hoogs aangeskrewe gholfbaan en oefenbof. The Outpost streef daarna om jou ervaring so gemaklik moontlik te maak.

Van verblyf tot spyseniering (slegs vir groepe van meer as 10 gaste), sorg ons vir al die details sodat jy nie jou daaroor hoef te bekommer nie!

Indien jy wil wegkom van die gedruis van die stadslewe is The Outpost Dullstroom met sy verskeie selfsorg-eenhede die perfekte keuse.

Ons is 15 km buite Dullstroom op die Machadodorp-gruispad geleë. Dit word onderhou op 'n gereelde basis en is toeganklik vir enige sedan-motor.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 133 resensies vir The Outpost Dullstroom
Netheid
4.7/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Erf 15, Middelpunt Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink The Outpost Dullstroom het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Elandsvallei Mpumalanga
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 41 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 15, Middelpunt Plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5875ab192e8ea723ae15162225488b22a4ee8b7aad078b4178612d9cbc14b3370fd79e3d99be90c3bf6b543e624b2bc5dd52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 133 5 1 5 Portion 15 Farm Middelpunt 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.528599234215 30.131209766865
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za