Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Pink Palace

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 10, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 059 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

The Pink Palace is 'n ruim selfsorghuis geskik vir 11 gaste in Arniston met 'n pragtige see-uitsig.

Dié dubbelverdiepinghuis het 5 slaapkamers met privaat ingange en elke kamer lei na die binnehof. Twee van die en suite-kamers is bo, met 'n koninggrootte-bed in die een en 2 enkelbeddens in die ander. Elkeen van dié kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Onder is nog 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer, en die ander 2 enkelbeddens het. Net buite hierdie slaapkamer is 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n ekstra kamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad beskikbaar. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Op die onderste verdieping is 'n aparte oopplan-leefarea en -kombuis. Die oopplankombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eetarea toegerus en daar is 'n kaggel in die sitarea.

Daar is braaigeriewe buite en die huis het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Die binnehof is toegebou en troeteldiere kan saamkom indien gereël. Let dat dele van die huis slegs met trappe bereik kan word en dus moontlik nie geskik is vir bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Elke kamer bied toegang na buite en is dalk nie vir klein kinders geskik nie.

Arniston bied lieflike strande, verskeie restaurante en aktiwiteite soos swem, fietsry, perdry, bergfietsry, voetslaan, visvang, walviskyk, skeepswrakduik en meer. Gaste kan ook Arniston Hotel se spa en die Waenhuiskrans-grot besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by The Pink Palace sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 6 resensies vir The Pink Palace
Netheid
2.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Cornel Geverifieer

Eiendomme 59

Resensies 173

Jaar gelys 6

Ligging

  • Napierstraat 10, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Pink Palace het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 059
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R4 059
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Napierstraat 10, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgKvEHzkmKO78ywD7JlH6vw0M3PZJ3MawKEkoTWp5PPoroFJkOE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 059 per nag (plek vir 11) 6 5 1 5 10 Napier Street Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.670587560555 20.231900906746
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem