The Royal Coach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Royal Coach is geleë in die historiese goudmyn-dorpie, Kaapschehoop, en is die oorspronklike koets waarin Koningin Elizabeth die tweede gereis het tydens haar besoek aan Suid-Afrika in 1947. Die Royal Coach is perfek vir besoekers wat graag wil wegbreek en ontspan en vir voetslaners wat nuwe uitkykpunte wil verken. Die koets is baie oud en benodig restourasie, tog is dit nostalgies en bied dit 'n anderse bestemming. Dit is basiese oornagverblyf.

Die koets bestaan uit 3 gerieflike slaapkamers met houtpaneel-detail. Die slaapkamers het dubbelbeddens. Een van die kamers het 'n en suite-badkamer en die ander 2 kamers deel 'n badkamer, al die badkamers het baddens. Daar is 'n koffiestasie in die koets met 'n yskassie, ketel en mikrogolfoond, koffiekoppies en teelepels. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Die koets is baie oud en moet gerestoureer word, maar ongelukkig baie duur gaan kos om ordentlik te laat doen. Tog is die plekkie nostalgies en interessant. Etes is beskikbaar by die Salvador Bistro wat oop is vanaf 07:30. Die bistro is bekend vir hul vuuroond-pizza en knus kaggel in die koue winters.

Daar is 'n paar ander restaurantjies op die dorp. Almal bied goeie etes teen bekostigbare pryse. Kaapschehoop is 'n fantastiese plek vir fotograwe, voëlkykers en natuurliefhebbers. Dit is die ideale romantiese bestemming, dit word bevestig deur die gereelde troues wat gehou word in die kapel op die dorpie. Voëlkyk kan geniet word by die Blue Swallow Natuurreservaat en gaste kan 'n begeleide toer bespreek om die bedreigde spesies uit te soek. Verskeie ander diere kan ook gewaar word asook 'n groot verskeidenheid flora en fassinerende rots-formasies. Daar is ook 'n paar natuur-staproetes, 'n waterval en bergfietsroetes binne stapafastand. 'n Perdry-plek is slegs 8 km vanaf die dorpie. Die dorpie bied 'n gerieflike oornagplek vir reisigers op pad na die Krugerwildtuin of Mosambiek.

Ons is troeteldiervriendelik, solank jou diere nie op die beddens slaap nie, oor hul eie beddegoed beskik en goeie badkamergewoontes aangeleer het.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiervriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere Indien Gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Troeteldiervriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Royal Coach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za