The Shack
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Novo-weg, Hughes Plaas 114, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Shack is 'n selfsorg-eenheid op 'n plaas net buite Riversdal en bied asemrowende uitsigte op die Langeberge, Sleeping Beauty en oor die Novo-vallei.
The Shack beskik oor 2 slaapkamers, een het 'n dubbelbed en die ander een het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke en ekstra warm komberse vir kouer aande word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof en -oond, mikrogolfoond, yskas, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die vallei. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar.
Die Shack maak van sonkrag gebruik en ervaar dus nie beurtkrag nie. Daar is ook 'n gasgeiser vir warm water en watertenks voorsien skoon reënwater.
Die verblyf is op 'n heuwel van 'n werkende plaas geleë en het bergfietsry- en voetslaanroetes. Die skape, beeste en landerye dra by tot die natuurlike atmosfeer van die werkende plaas. Breek weg van die stadsgejaag, herlaai en geniet hierdie stukkie hemel op aarde.
'n Hoë-grondvryhoogte voertuig word vir die plaaspaaie aanbeveel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Reece Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Novo-weg, Hughes Plaas 114, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
- Gaste dink The Shack het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Novo-weg, Hughes Plaas 114, Riversdal, 6670, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom