Wavecrest Akkommodasie by The Shell House | LekkeSlaap
+26

The Shell House

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spekboomstraat 50, Jeffreysbaai , 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 150 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Shell House is 'n gerieflike en moderne selfsorgvakansiehuis langs die see met 'n pragtige see-uitsig in Jeffreysbaai.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens en die aparte badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, sowel as 'n skuifdeur wat na 'n patio met 'n see-uitsig lei.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n aparte waskamer met 'n vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die eetarea het heelwat sitplek. Daar is ook 'n aparte sitkamer met 'n ingeboude braai.

WiFi is beskikbaar.

Die Shell House is so naby die strand dat ouers op die stoep kan sit en oor die kinders wat reg voor die huis op die strand speel en swem kan toesig hou.

Veilige parkeerplek is in 'n enkelmotorhuis beskikbaar en daar is heelwat parkeerplek buite vir addisionele voertuie.

Klein troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Die eienaar woon in 'n aparte woonstel op die erf.

Geen ekstra gaste mag oornag nie.

Slaapplek

’n Bespreking by The Shell House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir The Shell House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Spekboomstraat 50, Jeffreysbaai , 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Shell House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 150
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 150
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spekboomstraat 50, Jeffreysbaai , 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGHDw2S4MtnGtu7h3Jvtx9cjrDJxhMkyfNQyQhuItWptNIuznFC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 150  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 50 Spekboom Street Jeffreys Bay 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.019128525275 24.927950856814
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za