The Stargazing Cube
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R6 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Stargazing Cube is in die hartjie van die Misty Mountain Reservaat in Tsitsikamma geleë. Dit is 'n unieke en moderne eenheid wat 'n eiesoortige sterrekyk-ervaring bied. Die blokvormige verblyf is in 'n afgesonderde en afgeleë area en word deur natuurskoon omring. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek en bied 'n rustige toevlugsoord ver van die gedruis van die stad.
Die blok het 'n glasdak en -vensters wat 'n onbelemmerde sterrehemel verseker. Die binnekant van die blok is stylvol en gerieflik ontwerp. Dit het 'n koninggrootte-bed wat na buite geskuif kan word, gemaklike sitplek en 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het ook 2 losstaande baddens langs mekaar op die houtdek. Indien gaste die meeste van die sterrekyk-ervaring wil maak, kan hulle die bed, wat met 'n afstandbeheer werk, tot op die dek skuif.
Gaste kan op die privaat houtdek ontspan en die pragtige uitsig op die berge en oor die woud bewonder. Die houtdek het 'n hangmat, pootjiesbad, 'n braai-area en buitesitplek. Die kombuisie is met 'n tweeplaat-gasstoof, yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
WiFi, lugversorging en battery-lanterns is beskikbaar. Gaste het toegang tot 'n swembad en restaurant wat op die Misty Mountain perseel is. Hiér kan gaste die natuurskoon waardeer, die nabygeleë voetslaanroetes verken of net lekker in die buite-sitarea ontspan en die berguitsig geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by The Stargazing Cube sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Misty Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 40
Jaar gelys 13
Ligging
- Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Gaste dink The Stargazing Cube het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18