Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Venue Country Hotel

  • Kapasiteit: 132 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelindaba-weg, 140 Kalkheuvel Plaas 493, Hartbeespoort, 0240, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 725 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Venue Country Hotel skuil tussen die Magaliesberge en Hartbeespoort. Dit is 'n uitstekende toevlugsoord vir dié wat van die stad se betonkloue wil ontsnap, ideaal vir vakansiegangers óf sakereisigers. Die hotel bied gerieflike verblyf en kalmte naby 'n rits doendinge en besienswaardighede.

Verblyf word aangebied in 64 standaard kamers en 2 suites. Albei kamer-tipes is ruim en het 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Geriewe in albei kamer-tipes sluit in: 'n platskerm-TV met sekere OpenView-kanale, gratis WiFi, 'n spieëltafel wat ook geskik is as 'n werkstasie, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging en 'n haardroër op versoek.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt en ander watertand-disse geniet in die restaurant op die perseel. Dit word voorberei deur ons eie persoonlike sjef. Daar is ook 2 kroeë op die perseel. The Overflow Bar and Terrace bied 'n pragtige uitsig oor die swembad en klimraam sodat jy kan ontspan terwyl jy kan toekyk hoe jou kinders speel en maatjies maak.

Vir sakereisigers het die hotel 3 konferensielokale en 'n groot ouditorium. Al die bogenoemde het oudio- en visuele fasiliteite en toegang tot WiFi. Ons bied ook troupakkette en ons het 'n troubeplanner op die perseel wat kan help met elke detail.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en gaste sal vele doendinge en besienswaardighede baie na aan ons vind, insluitend: Die Wieg van die Mensdom, 'n wildreservaat, 'n leeupark, Magaliesberg-boomtoptoere en die Sterkfonteingrotte.

Kenmerke

Swembad
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Konferensiegeriewe

Opsomming van Resensie

3.5 uit 5van 5 resensies vir The Venue Country Hotel
Netheid
3.6/5
Diens
3.4/5
Ligging
3.4/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.2/5

Ligging

  • Pelindaba-weg, 140 Kalkheuvel Plaas 493, Hartbeespoort, 0240, Gauteng
  • Gaste dink The Venue Country Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 725
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 132 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelindaba-weg, 140 Kalkheuvel Plaas 493, Hartbeespoort, 0240, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA137aff7d34870b018f690b44c326c5f25d04d4ef308a769b2ddbcfefd94ced99c4dba73e63e3b15ef4a324257eee02028f9b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 725 per nag, vir 2 mense 5 5 1 4 Pelindaba Road 140 Kalkheuvel Farm 493 0240 Gauteng 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -25.837356411925 27.886762171984