The White Giraffe River Cottage
Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 5 Jun 2022 tot 1 Jun 2023 gemaak.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fickstraat 12, Parys, 9585, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 200R900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The White Giraffe River Cottage is een van die beste selfsorg-eenhede wat jy in die dorp kry. As jy op soek is na verblyf wat sentraal geleë is naby al die winkels, galerye en eetplekke waarvoor Parys so bekend is, maar ook 'n ongelooflike uitsig op die rivier wil hê, dan is dié plek perfek vir jou!
Die selfsorghuis beskik oor 2 verdiepings. Die grondvloer het 2 dubbelkamers wat elkeen hul eie en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer het Franse deure wat toegang bied tot 'n klein binnehof met veiligheidshekke sodat jy saans met die strelende klanke van die rivier kan slaap.
Daar is 'n oopplan-kombuis en -eetarea wat ten volle toegerus is vir selfsorg. Die kombuis- en eetarea het konsertinadeure wat die voorkant van die huis laat lei na die groot patio wat uitkyk op die rivier. Daar is oorgenoeg sit- en kuierplek op die patio asook 'n stoep.
Die boosnte vloer, wat ook oopplan is, het 'n sitkamerarea met 'n platskerm-TV en 2 slaapbanke. Daar is ook 'n DVD- en CD-speler asook 'n klankstelsel. Verder is sekere DStv-kanale ook beskikbaar.
Die huis het parkeerplek van die straat af vir minstens 2 voertuie beskikbaar.
Die dorp se hoofstraat is net 5 minute se stap weg, so gaste kan maklik stap, iets gaan drink en in die winkels wil rondsnuffel. Daar is ook 'n visvangplek net buite die huis en die gholf-eiland is ook baie naby.
Slaapplek
’n Bespreking by The White Giraffe River Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Fickstraat 12, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink The White Giraffe River Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fickstraat 12, Parys, 9585, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom