Thorn Tree Bush Camp - Tented Camps and Campsites

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thorn Tree Bush Camp in die Dinokeng Wildreservaat in Hammanskraal, Gauteng is 'n plek waar die ware natuurliefhebber die natuur se rustigheid kan geniet. Die sterre is helderder saans, die leeu brul, die jakkals blaf, die nagapie huil, die uil roep en die insekte sing baie meer as wat gaste dit al ooit in die nag gehoor het.

Kom weg van die stadsgewoel, geniet 'n braai onder die sterre met die wild se geluide wat gaste omring of neem 'n wildrit om na die Groot 5 te gaan kyk.

Verblyf bestaan uit 'n kothuis, tentkampe en kampeerplekke. Die Monkey Thorn Cottage, tentkampe:
Fever Tree Tent, Umbrella Thorn gesinstent, Wag-'n-Bietjie 8 Man Tentkamp, Russet Tente, Sickle Bush Tree Top Tent, Black Thorn 4 Man Tentkamp en Elephant Root luukse tent wat gaste 'n verskeidenheid style en opsies bied.

Ander verblyf wat beskikbaar is sluit die kampeerplekke in wat net die kampeerplek self is en gaste moet hul eie tente, karavane, sleepwaens, beddens, geriewe en ander toerusting saambring om mee te kamp/ Elke kampeerplek het 'n kragprop en daar is gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Gaste kan net sit en ontspan om die privaat vuurput, na die sterre kyk, luister na die natuurgeluide en dit geniet om in die bos te wees. Daar is 'n groot swembad asook 'n groot boma wat ideaal is vir aande voor 'n groot vuur wat omring word deur die natuurgeluide. Dit kan ook as 'n braai gebruik word om potjies op grootskaal te maak.

Daar is nie TV's in die kamp nie, maar as gaste bang is dat jy 'n wedstryd gaan misloop is die restaurante, kroeë, ens. oop. Diegene wat nie wil kosmaak nie kan lekker kos by verskeie restaurante by die omliggende lodges kry.

Wildritte is beskikbaar om die Groot 5 te besigtig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thorn Tree Bush Camp - Tented Camps And Campsites gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 035 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za