Tibani Nature Reserve
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R985 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tibani Nature Reserve is die ideale oornagstop vir natuurliefhebbers en is 15 km vanaf Montagu. Dit bied 'n rustieke ervaring vir 'n klein gesin of groep vriende.
Gaste kan in Botterboomhuisie bly wat vernoem is na die plaaslike botterbome. Hierdie dubbelverdiepinghuisie beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuisie en 12 V-krag om 'n selfoon of skootrekenaar te laai. Die solderkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort.
Die kombuisie is met 'n tweeplaat-gasstoof, 'n gas-yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die toonbank geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die knus kaggel ontspan. Die huis lei na 'n dek met 'n ingeboude braai, 'n sonverhitte plonspoel en 'n uitsig oor die omgewing. Daar is ook kampeerplekke op die perseel.
Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n plaasdam waarin gaste kan afkoel.
Gaste kan die reservaat te voet of met 'n bergfiets verken, of die 4x4-roete tot bo-op die berg volg en die uitstekende uitsig bewonder.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Sanet Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 30
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Tibani Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oubergpas, Montagu, 6720, Wes-Kaap