Tibouchina No 5

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tibouchina No 5 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvolle vierslaapkamer-dupleks met 'n gedeeltelike see-uitsig in die kusdorpie, Southbroom, slegs 'n hanetreetjie van die Southbroom-strand af.

Die eenheid het slaapplek vir tot 8 gaste en het 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gaste-toilet, 'n kombuis en 'n oopplan-leef- en -eetarea. Al 4 slaapkamers het 2 enkelbeddens wat omskep kan word in dubbelbeddens. Die badkamer bestaan uit 'n bad en 'n stort en die kombuis is toegerus met selfsorg-geriewe soos eetgerei en breekware, 'n yskas-vrieskas, oond en stoof, 'n mikrogolfoond en 'n ketel. Die oopplan-leef- en -eetarea bied gedeeltelike see-uitsigte en is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale.

Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. 'n Kluis is beskikbaar vir jou waardevolle items en daar is parkeerplek op die perseel. Die eenheid word beveilig deur 'n gewapende reaksie-eenheid en 'n skoonmaakdiens is beskikbaar op aanvraag, teen ekstra koste. Gaste is welkom om van die gemeenskaplike braai en swembad gebruik te maak.

Slaapplek

'n Bespreking by Tibouchina No 5 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tibouchina No 5 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za