Tidewaters River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tidewaters River Lodge is langs die Gonubierivier in Gonubie geleë en dit is waarlik 'n voël- en natuurliefhebber se paradys. Die lodge fokus spesifiek op die oordeelkundige sakereisiger of vakansieganger. Dit is 'n plek waar gaste kan ontspan en hulle verlustig in die veilige, pragtige en rustige omgewing.

Die lodge het 6 kamers. Geriewe in die kamers sluit in: tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, 'n privaat ingang, daaglikse skoonmaakdiens, faksgeriewe, gratis WiFi, beddegoed en handdoeke. Gaste kan kies tussen B&B- en selfsorgopsies.

Die lodge het 'n swembad en braaigeriewe en 'n boma waar 'n mens lekker kan braai of net langs die vuurtjie ontspan. Kajakke is ook te huur aangesien die lodge reg langs die rustige rivier geleë is en daar is kabeljou en knorders om te vang. Ons bied bootritte en lughawependeldienste is beskikbaar.

'n Gesonde Kontinentale- of volledige Engelse ontbyt word daagliks tussen 07:00 en 10:00 bedien. Aandetes is beskikbaar op versoek. Daar is ook veilige parkeerplek van die straat af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tidewaters River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za