6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Tiervlei Farm Accommodation is naby Carnarvon in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin wat op soek is na 'n rustige wegbreek. Saans is die helder sterrehemel werklik besonders en gaste sal die plaaslewe hier by Tiervlei behoorlik kan geniet. Die plaas is sowat 38 km vanaf Carnarvon.
Die huis het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. 'n Donkie-geiser voorsien warm water en gaste moet dit self stook.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en -oond, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware, eetgerei en komplimentêre beskuit.
In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n knus kaggel om die ergste winterkoue af te weer.
Daar is gerieflike buitebraaigeriewe waar gaste gesellig kan kuier.
Die plaas maak van sonkrag gebruik en gaste word versoek om krag asb. nie oormatig te gebruik nie. 'n Donkie moet deur gaste gestook word om warmwater aan die huis te verskaf.
Bring gerus bergfietse saam en kom geniet 'n veilige, sorgvrye Karoovakansie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 38
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Tiervlei Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Tiervlei Farm, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang