Timbavati Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Timbavati Safari Lodge, in die Afrika-bosveld, is omring deur ’n lieflike omgewing vol wild wat vry rondloop. Dit is 'n besigheid wat deur 'n familie besit en bestuur word slegs 20 km vanaf die Orpen-hek van die Krugerwildtuin. Die Safari Lodge is nie in die Timbavati Privaat Reservaat geleë nie.

Die 3-ster-verblyf bestaan uit pragtige, tradisionele rondawels wat in die Ndebele-styl geverf is. Daar is ook gesin-chalets. Die eenhede is tussen die skaduryke bome geleë in die natuurlike omgewing om 'n ontspanne en rustige atmosfeer te bied. Al 35 kamers is en suite en het plafonwaaiers, 'n klein werk-area en veranda.

Die span by Timbavati Safari Lodge is trots daarop dat ons 'n onvergeetlike Afrika-ervaring aan gaste bied. Na 'n lang dag van wildkyk in een van die Kurgerwildtuin se geregistreerde oop wildvoertuie, is die nuut gemeubileerde kroeg en restaurant gereed om ons gaste te verwelkom en te bedien. Gaste kan ontspan by hulle rondawel op die veranda buite, by die swembad of in die leefarea.

Saans is die Afrika-hemel besprinkel met sterre en aandete word buite bedien indien die weer dit toelaat. Dit gebeur in die riet-boma of langs die swembad en die spyskaart sluit 'n tradisionele Suid-Afrikaanse braai of potjie in. Na dit volg Afrika-danse. Enige van die twee opsies het die waarborg van die nabye wild wat die misterie van die Afrika-bosveld beklemtoon.

Timbavati Safari Lodge kan dag-, sonsondergang- of nagritte in die Krugerwildtuin bied of sonsondergang-ritte in 'n privaat Groot 5-natuurreservaat. Daar is ook verskeie ander doendinge soos 'n plaaslike bos- of kultuur-wandeling, 'n luilekker bootvaart in die Blyderivier Canyon, 'n besoek aan die plaaslike diere-rehabilitasiesentrums of selfs lugballonvaarte en safari's op 'n olifant se rug!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Witborde
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Timbavati Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 870 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]