Tintswalo at Boulders

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tintswalo at Boulders is in Simonstad en bied luukse verblyf langs die strand met 'n onbelemmerde uitsig oor Boulders Beach en is omring deur plaaslike fynbos.

Dié dubbelverdiepinghuis bied gaste 'n keuse van suites en die opsie om 'n hele villa te bespreek. 'n Privaat sjef is beskikbaar op versoek. Die suites het lugversorging, 'n koninggrootte-bed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Elke suite het 'n yskas met verversings en tee- en koffiemaakgeriewe.

'n Heerlike ontbyt en peuselhappies in die middag word voorsien. Gaste kan ook ontspan in die sitkamer wat 'n kaggel het. Die gastehuis het 'n fliekkamer en WiFi is beskikbaar. Gaste kan ook rondom die vuurput op die stoep ontspan wat uitkyk oor die see, of langsaan die gemeenskaplike swembad. Spa-behandelings is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste.

Tintswalo at Boulders is stapafstand vanaf Boulders Beach met sy bekende kolonie van bedreigde Afrikapikkewyne en 'n pragtige swemstrand.

Simonstad bied verskeie besienswaardighede soos Simonstad se Erfenismuseum en Suid-Afrikaanse Vlootmusuem, die Just Nuisance-standbeeld en Scratch Patch. Daar is ook verskeie doendinge in die omgewing soos voetslaan, stap, visvangbootritte, kajak, bootritte en meer.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tintswalo At Boulders gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false