- 18 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 7 Gay Road, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Tintswalo at Boulders is in Simonstad en bied luukse verblyf langs die strand met 'n onbelemmerde uitsig oor Boulders Beach. Die verblyf word omring deur plaaslike fynbos.
Dié dubbelverdieping-gastehuis bied gaste 'n keuse van suites en die opsie om 'n hele villa te bespreek. 'n Privaat sjef is beskikbaar op versoek. Die suites het lugversorging, 'n koninggrootte-bed of 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Elke suite het 'n yskassie met verversings en tee- en koffiemaakgeriewe.
'n Heerlike ontbyt en peuselhappies in die middag word voorsien. Gaste kan ook ontspan in die sitarea wat 'n kaggel het. Die gastehuis het 'n fliekkamer en WiFi is beskikbaar. Ontspan rondom die vuurput, op die stoep wat 'n uitsig oor die see bied, of langs die gemeenskaplike swembad. Spa-behandelings is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste. Die restaurant op die perseel bied ook op versoek gesinsstyl-aandetes en ligte middagetes. Besprekings is egter noodsaaklik.
Tintswalo at Boulders is stapafstand vanaf Boulders Beach met sy bekende kolonie bedreigde Afrikapikkewyne en 'n pragtige swemstrand.
Simonstad bied verskeie besienswaardighede soos Simonstad se Erfenismuseum en Suid-Afrikaanse Vlootmusuem, die Just Nuisance-standbeeld en Scratch Patch. Daar is ook verskeie aktiwiteite in die omgewing insluitend voetslaan, stap, visvangbootvaarte, kajakvaar en bootuitstappies.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Kim Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 7 Gay Road, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Tintswalo at Boulders het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
7 Gay Road, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
Sien kaart- 18 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang