Towerkraaltjie
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 50 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Towerkraaltjie, Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R260 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Towerkraaltjie is tussen die voorheuwels van Towerkop in die Dwarsriviervallei naby Ladismith geleë. Towerkraaltjie bied kalmte en pragtige uitsigte van die Klein Swartberg vanaf die Towerkraaltjie Karavaanpark.
Die karavaan- en kampeerpark bestaan uit 10 grasbedekte kampeerplekke wat elk oor die volgende beskik: kragpunte, skoon en vars water, bome vir skaduwee, braaigeriewe en volledig toegeruste geriewe met warmwaterkrane, wasbakke, storte en toilette. Daar is 'n aparte opwaskamer vir skottelgoed, wasgoed en die skoonmaak van braaigeriewe en potjies. Daar is ook wasgoedlyne. Daar is aparte braaigeriewe vir groot groepe met skaduwee en 'n groot tafel en bankies.
Dit is die ideale basis vanwaar jy die Ladismith-omgewing kan verken. Hier kan gaste die pragtige Hoeko-vallei met Langenhoven se eerste huis sien asook die pragtige Seweweekspoort, die Anysberg Natuurreservaat, Towerkop se berg-voetslaanroete, Stanleys se Liggie-voetslaanroete en kaas van die 2 plaaslike kaasfabrieke. Josef Barry se brandewyn is ook hier by ons!
Opsomming van Resensie
Ligging
- Towerkraaltjie, Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Gaste dink Towerkraaltjie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 50 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Towerkraaltjie, Dwarsrivier, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom