Lynnwood Akkommodasie by Tranquility In the Heart of It | LekkeSlaap
+37

Tranquility In the Heart of It

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Wishbone Noord-straat 460b, Lynnwood, 0081, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R980 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Tranquility in the Heart of It is 'n ateljeewoonstel met 'n aparte ingang op die perseel in 'n stil deel van Pretoria, met maklike toegang tot die N1-hoofweg, Menlo Park se skole, die WNNR, die Universiteit van Pretoria en verskeie ander interessante besienswaardighede.

Die woonstel het 'n dubbelbed en bied gerieflike slaapplek vir 'n paartjie. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volle DStv.

Daar is 'n lessenaar met 'n kantoorstoel vir diegene wat moet werk. Gratis WiFi is ingesluit.

Daar is 'n klein buite-area waar jy kan sit en 'n drankie geniet terwyl jy die omgewing se hoenders en tarentale dophou, en as jy gelukkig is kan jy dalk net 'n paar nagapies gewaar. Vir jou gerief is daar ook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, en alle ander toebehore wat jy sou benodig vir selfsorg. Vir die omgewingsbewustes is daar sonkraggeisers, 'n induksiestoof en A+ toestelle. Vir die koffieliefhebbers het ons 'n Nespresso-koffiemasjien en ekstra filterkoffie. Ons voorsien 'n pakkie om mee te begin, maar daar is 'n kafee en verskeie restaurante stapafstand van ons af. Die Hazelwood-mark wat elke Saterdag plaasvind is ook binne stapafstand of 'n kort motorrit ver.

Gaste se selfoonnommers word vooraf by die hek geprogrammeer en jy kan dus 'n spesifieke nommer bel om toegang te verkry. Toegang tot die huissleutels en die pinkode vir die kluis word ook vooraf gegee. Ander reëlings sal voor aankoms getref word.

Vir diegene wat nie vervoer het nie, is die eenheid slegs 5 minute se stap vanaf die Gautrein Busroete in Lynnwood-weg. Über is ook 'n opsie.

Veiligheidskodes, WiFi-toegang en ander notas is beskikbaar in die woonstel.

Slaapplek

’n Bespreking by Tranquility In the Heart of It sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xEnkelslaapbank
1 xKinderbedjie

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 12 resensies vir Tranquility In the Heart of It
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • The Wishbone Noord-straat 460b, Lynnwood, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Tranquility In the Heart of It het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R980
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R980
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Wishbone Noord-straat 460b, Lynnwood, 0081, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAyYzFjYzI4LTRjODYtNGZlMy1hZDZiLWI5NDY1YTA3ODZiMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R980  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 460B The Wishbone North Road Lynnwood 0081 Gauteng 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.768095253624 28.269661414681
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za