17 On Bird Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

17 On Bird Guest House is een van die oudste huise in Beaufort-Wes.

17 On Bird Guest House is maklik bereikbaar en is in 'n stil omgewing geleë wat dit 'n onvergeetlike ervaring vir 'n oordeelkundige toeris of sakereisiger maak. Hier kan jy ontspan in die groot peerbome se skaduwee en 'n skemerkelkie geniet terwyl jy uitkyk oor Birdstraat wat ongetwyfeld die mooiste straat in die Karoo is.

By 17 On Bird is ons trots op ons skoon en gerieflike oornagverblyf. Toeriste en vakansiegangers kan bespreek sonder om te huiwer, want ons waarborg uitstekende diens, 'n netjiese, skoon en gemaklike bed en 'n warm bad/stort.

Verblyf word aangebied in 11 ruim kamers en 3 knus selfsorgkothuise wat vernoem is na die voëls in die omgewing. Al die kamers is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met DStv-kanale, lugversorging en 'n yskassie. 'n Aparte kroeg- en braaigeriewe is ook beskikbaar vir gaste wat daarvan wil gebruik maak en lekker wil kuier rondom die swembad. Veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit word ook voorsien.

Smaaklike etes is beskikbaar in die vorm van tradisionele maaltye soos lamsboud, lamskenkel, hoenderpastei, ens. 17 On Bird is volledig gelisensieer en koeldrank, bier en wyn is by die hoofontvangs beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 17 On Bird Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za