Treehouse Cottage
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ashlands 2, Askoppad, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Treehouse Cottage is in Ashlands geleë wat eers deel van Ashlands Plaas gevorm het. Ashlands is 'n plattelandse landgoed in die inheemse woud in Askopstraat, The Crags. The Crags is tussen Nature's Valley en Plettenbergbaai geleë, en is seker dié mooiste deel van die Tuinroete. Treehouse Cottage is die ideale kunstenaarsparadys vir 'n paartjie of jong gesin wat naby Plettenbergbaai se doendinge wil wees, maar steeds ver genoeg om die natuurlike omgewing te geniet.
Die kothuis is deel van die plaaslike kunstenaars, Sally Rush en Margaret Knight, se huis met 'n aparte ingang en veilige parkeerplek. Sally en Margaret bestuur hulle kunstenaarsateljee van hulle huis af. Aangesien hulle so lief is vir voëls, lok hulle al jare lank voëls na dié area, so daar is baie voëls!
Dié bekoorlike oopplan-kothuis kan tot 2 volwassenes en 2 kinders akkommodeer. Dit het 'n oopplan-uitleg en daarom is dit net geskik vir 'n gesin. Daar is 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Die moderne badkamer het 'n stort. Die eenheid bied slaapplek aan maksimum 2 volwassenes en 2 kinders.
Die kothuis het 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond en 'n yskassie. Dit het 'n klein leefarea met 'n TV en 'n DStv-dekodeerder. Daar is ook 'n plafonwaaier, 'n verwarmer en 'n elektriese kombers om gaste se gerief regdeur die jaar te verseker. Die pragtige houtdek kyk uit oor die inheemse woud en bied braaigeriewe in 'n Weber. Daar is 'n outomatiese hek waarvan 'n afstandbeheer aan jou besorg sal word.
Gratis WiFi is ook nou beskikbaar.
Let asb. op dat Matric Plett RAGE-besprekings nie aanvaar word nie, aangesien ons te ver van die venue af is.
Slaapplek
’n Bespreking by Treehouse Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Sally Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 24
Jare op LekkeSlaap 9
Ligging
- Ashlands 2, Askoppad, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Gaste dink Treehouse Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ashlands 2, Askoppad, The Crags, 6602, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom