Trengwainton
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodside-rylaan, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Trengwainton kombineer rustieke ouwêreldse sjarme met moderne geriewe in die pragtige Hogsback. Trengwainton spog met 'n tuin wat 5 hektaar groot is, 'n mooi landskap en oneindige uitsigte. Voëls en skoenlappers is gereelde besoekers tussen die inheemse bergplante. In winter kan dit dalk sneeu en in somer kan gaste blomme, vrugte en goue sonsondergange verwag.
Selfsorgverblyf word aangebied in die Trengwainton huis en kothuis wat ontwerp is deur 'n argitek en versier is met kuns en boeke. Die binnenshuise ontwerp reflekteer die eienaars se gesofistikeerde smaak.
Die Trengwainton huis is 'n moderne plaashuis wat geskik is vir 8 gaste en het luukse beddens, vars linne en duvets. Die groot badkamer het 'n diep vierpootbad en die kombuis het 'n houtstoof, 'n SMEG-kookplaat met 6 plate en 'n elektriese oond. Daar is 'n etenstafel vir 10.
Die kothuis is nuut gebou en maak gebruik van sonkrag. Daar is 'n kaggel, gasstoof en boorgatwater. Hier kan gaste ontspan en Hogsback se prag inneem. Geniet sonsondergange of die wolke en mis vanaf die groot stoep en ingeboude braai.
Die huis en kothuis het elk 'n stoep vanwaar gaste skemerkelkies en die uitsigte kan geniet. In winter kan gaste voor die kaggel inkruip en elektriese komberse op die beddens gebruik. 'n Skoonmaak- en wasgoeddiens kan op versoek gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Xhosa
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Joanne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Woodside-rylaan, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Gaste dink Trengwainton het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hogsback Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodside-rylaan, Hogsback, 5721, Oos-Kaap