Truksvy

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Truksvy is in die bekoorlike Vrystaatse dorpie, Soutpan geleë. Dié dorpie is 'n halfuur se ry vanaf Bloemfontein.

Truksvy bied 2 eenhede genaamd Truksvy en Sonneblom. Die eenhede het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisies is elkeen toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Waaier, verwarmer, lugversorging, 'n TV met OVHD-kanale en 'n braai-area.

Die Standard Bunk-eenheid is beskikbaar vir rugsakreisigers en het ook 'n kombuis-area met 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie en 'n braai-area vir die eenheid.

Die Truksvy Koffie Sjop is ook op die perseel, waar gaste ligte etes of 'n boerekos-buffet op Sondae kan geniet. Dit is ook hier waar gaste van die plaaslike sout en geskenke kan kry.

Nabygeleë besienswaardighede sluit die Soetdoringdam Natuurreservaat, Florisbad en die soutpanne in. Gaste kan gerus 'n toer na die soutpanne onderneem met trekker en wa. Besprekings kan by Turksvy Koffie Sjop teen ekstra kostes gedoen word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Truksvy gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false