Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tumble-in

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocherpanstraat 23, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Tumble-in is 'n lieflike selfsorgkothuis met 2 slaapkamers 150 km noord van Kaapstad langs die Weskus in Kersbosstrand, Dwarskersbos. Die stoep en sitkamer bied 'n pragtige see-uitsig. Dis 75 m van die ongerepte strand af waar gaste enige tyd van die dag kan gaan stap of tydens laagwater kan fietsry.

Die eerste slaapkamer het lugversorging en 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Albei beddens het elektriese komberse vanaf Junie tot die einde van die winter. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Warm water is tydens beurtkrag beskikbaar. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet net hul eie swemhanddoeke bring.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, konveksie-mikrogolf en 'n vierplaatgasstoof. Eetgerei, breekware, potte, panne, asook 'n ketel, broodrooster en 'n elektriese klitser is beskikbaar. 'n Strykyster en -plank, vadoeke, opwaslappe en -seep word ook voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n eetkamerstel vir 4 gaste. Daar is gratis WiFi, DStv en goeie selfoonsein.

Rook is verbode in die kothuis. Gaste mag wel buite rook. Die groot onderdakstoep het 'n tafel, sitplek en ingeboude braai. 'n Braairooster en braaitoerusting word voorsien.

Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel beskikbaar.

Dwarskersbos het 2 koffiewinkels waar kos en wyn te koop is, 'n paar restaurante, 'n haarsalon, dekorwinkel, wassery en skoonheidsalon. Daar is ook 'n supermark in Laaiplek en 'n winkelsentrum in Vredenburg.

Voëlkyk-entoesiaste kan 10 minute se stap agter die stuur aflê na die Bergriviervlei in Velddrif waar pelikane, flaminke, bloukraanvoëls, reiers, die bedreigde swarttobie en Europese byevreters aangetref word. Daar is ook voëlskuilings in die Rocherpan Natuurreservaat, sowat 10 minute se ry in Elandsbaai se rigting.

4x4-roetes is in die omgewing beskikbaar en bergfietsryers kan die grondpaaie verken.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Tumble-in sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 26 resensies vir Tumble-in
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Rocherpanstraat 23, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tumble-in het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocherpanstraat 23, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhAL1FV9BKMWBnGM2D7t1f7d9x2hd0ZPcBUh657UYIW4N6fXSM2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense 26 5 1 5 23 Rocherpan Street Kersbosstrand 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.681419650405 18.245645993532