LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Twiga Lodge Mabalingwe | LekkeSlaap
+36

Twiga Lodge Mabalingwe

24 resensies
Wildsplaas

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Twiga Lodge Mabalingwe
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5
Annelise H - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annelise H
Gesin met klein kinders

Stil, kos vir die siel, goed ingerig.

Skoon, netjies en rustig. Ons is elke oggend gegroet deur ons diere-maats. Eienaars het in alle opsigte gehelp en verwys waar nodig. Die huis het nie 'n bad nie maar kon plan maak om kleinding te bad.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Annelise. Ons is bly julle het Twiga geniet. Hoop om julle gou weer te sien.

Twiga Lodge Mabalingwe
Jaco B - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Luuks, mooi, rustig, netjies.

Ons het ‘n wonderlike tyd gehad. Die huis is baie mooi en netjies.

Albert V - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Albert V
Gesin met klein kinders

We had a great weekend, it was amazing.

It was a great weekend stay, recommendable. This place is amazing, and our stay a very comfortable one. It has anything you can think of and more. The animals come to the house and the birdlife is great. We were one happy family.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Albert,
Glad you had a great weekend and thank you for the review.
Hope you consider Twiga Lodge again.

Twiga Lodge Mabalingwe
Liezel P - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezel P
Saam met vriende

Netjies, skoon en luuks.

Baie dankie aan Andrzej vir die voorreg om in julle plekkie te kon bly. Dit is regtig die prys oor en oor werd met die huis wat gerieflik, versorg en luuks is. Die beddegoed, handdoeke is skoon, netjies en duursaam en die res van die geriewe in die huis werklik hoogstaande kwaliteit. Die huis self is 'n barefoot home wat heerlik kuier en gerieflik is en die manne was baie dankbaar hulle kon die Currie cup-finaal kyk. Weereens baie dankie!

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Liezl. Ons is baie bly dat julle Twiga geniet het. Die Currie Cup is altyd ‘n wenner met almal. Hoop Twiga sal julle gou weer sien!

Twiga Lodge Mabalingwe
Carla F - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla F
Gesin met tieners

Fantastiese kort wegbreek!

Twiga Lodge was uitstekend en het in al ons behoeftes voorsien en ons verwagtinge oortref. Die eenheid is netjies en baie goed toegerus. Ons het die klein swembad baie geniet en dit het welkome lafenis verskaf in die somerhitte. Die daaglikse besoekers by die watergat het groot vermaak verskaf en ons na aan die natuur laat voel. Ons gasheer was baie vriendelik en het goed gekommunikeer om seker te maak alles is in orde. Wat jy sien op die foto's en beskrywing is wat jy kry. Ons sal vir seker weer Twiga Lodge besoek! Baie dankie.

Jacus G - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jacus G
Gesin met klein kinders

Naweek in die bos.

Goed toegerus, gerieflik en netjies. Die foto's is 'n ware weerspieëling van Twiga Lodge. Die swembad is verhit en was 'n absolute wenner onder kinders en volwassenes. Diere kom en gaan deur die dag wat heerlik is. Nota vir gaste: Moenie die vlakvarke voer nie! Hulle is nou al so mak dat hul bitter naby aan mense kom, en met kinders onder 2 maak dit mens senuweeagtig. Bly 'n wilde dier.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hello Jacus,

Baie dankie vir die ondersteuring. Ons is baie bly dat julle Twiga geniet het, en hoop om julle gou weer te sien.

Groete,
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Ina R - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ina R

Dit was ongelooflik lekker! Baie skoon, netjiese huis wat uitstekend toegerus is.

Eienaars was baie vriendelik en behulpsaam! Die ideale rusplek en gemaklik om almal te akkommodeer! Het my ouers en dogters soontoe geneem en is gerieflik vir oumense ook. Sal defnitief weer soontoe gaan.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hello Ina.
Ons is so bly dat julle die tyd saam met julle familie by Twiga geniet het. Ons hoop julle kom kuier weer saam met almal in die bos.
Groete,
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Christien T - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christien T
Gesin met klein kinders

'n Heerlike, ontspanne midweek-wegbreek na die bos.

Twiga Lodge is die perfekte plek vir 'n kort wegbreektydjie na die bos omdat dit so naby aan Gauteng geleë is. Die huis is ruim genoeg vir 'n mediumgrootte-groep en is gerieflik toegerus met alles wat 'n mens mag nodig kry. Die huis is skoon en netjies en die hulp van 'n skoonmaakster daagliks 'n lekker bederf. Die vlakvarke en njalas wat daagliks naby die huis kom water drink het het bygedra tot die bosveldatmosfeer.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Christien,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Bly julle het die wegbreek geniet.
Hoop om julle binnekort terug te verwelkom.
Vriendelike groete,
Rosa
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Bridget G - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bridget G
Besigheidsreis

Fantasties.

Die swembad se trap is baie laag in die swembad. 'n Mens sukkel om in te klim en uit te klim. Verder was alles fantasties.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Beste Bridget,

Baie dankie vir jou besoek en terugvoer. Ons is bly julle het julle verblyf geniet.

Ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom.

Vriendelike Groete
Rosa van der Merwe
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Heloise P - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Heloise P

Wonderlike boswegbreek.

Twiga Lodge is baie goed ingerig met al die geriewe wat nodig is en meer. Die privaat swembad is heerlik en daar is kort-kort diere by die watergat en soutlekke. Die huis is ruim en daar is meer as genoeg plek vir 8 volwassenes. Ons het baie lekker daar gekuier.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Heloise,

Thanks for your positive review. So glad you enjoyed your stay.
Looking forward to welcoming you back soon.

Kind Regards
Rosa vd Merwe
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Estha C - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Estha C
Saam met vriende

Ongelooflike netjiese en goed toegeruste huis.

Twiga Lodge is die perfekte akkommodasie, wat jy op foto's gesien het, was 'n ware replika en alles wat jy benodig vir 'n heerlike kuier en soveel ekstras. Die huis is pragtig gemeubileer en daar kort werklik niks behalwe gaste om die huis te benut en jou kuier te geniet! Jammer van die geraas van die groot pad, anders 'n volmaakte plekkie in die bosparadys! Selfs ten spyte van die goeie reën het ons daagliks diere gehad wat besoek afgelê het. Rosa, baie dankie vir al jou persoonlike aandag en moeite om ons verblyf aangenaam te maak, sal beslis weer gaan!

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Estha,

Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Ek is bly julle het jul verblyf by ons geniet.
Ons sien uit om julle weer by Twiga terug te verwelkom.

Vriendelike groete

Rosa

Twiga Lodge Mabalingwe
Chrizaan D - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chrizaan D
Saam met vriende

Absoluut heerlik! Baie gerieflik!

Baie lekker gebly, die huis is goed ingerig en die fasiliteite is fantasties.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Chrizaan
Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Ek is so bly julle het dit geniet.
Ons kyk uit om julle terug te verwelkom.
Vriendelike groete
Rosa van der Merwe
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Monia S - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Monia S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowend mooi.

Amazing plek. Skoon en netjies. Watergat lok soveel wild. Beslis vir 'n romantiese wegbreek of as 'n paar vriende bymekaar.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Goeiedag Monia,

Baie dankie vir die positiewe terugvoer waardeer.

Ons sien uit om julle terug te verwelkom by Twiga.

Vriendelike Groete

Rosa
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Johan V - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V
Gesin met klein kinders

Wonderlike ervaring in die bos.

Ons sal hierdie gedeelte van ons vakansie vir jare nog koester. Die huis is baie netjies en luuks. Ons is hartlik verwelkom en hulle het seker gemaak dat ons ons verblyf geniet. As gevolg van die watergat, soutlekke en lusern het verskeie diere gedurende dag en nag die huis besoek. Jy kan letterlik van die stoep die wild voor jou besigtig. Baie dankie dat julle dit vir ons onvergeetlik gemaak het. Ons sal beslis weer wil kom kuier. Die besienswaardighede en aktiwiteite in die natuurreservaat is ook baie bekostigbaar, sommige selfs verniet.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Beste Johan,

Ons is so bly dat julle die kuier by Twiga geniet het en sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom.

Vriendelike groete,
Rosa v.d. Merwe
Twiga

Twiga Lodge Mabalingwe
Jacob Johannes Steyn S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacob Johannes Steyn S

Genoeg ruimte en privaatheid al was ons ses volwassenes.

Twiga Lodge is baie goed toegerus. Die lugversorgers en waaiers is 'n moet in die somer. Baie dankie. Die swembad voor die Lodge het die kleiner kinders ure van plesier verskaf. Die waterpunt en droeë gras wat afgelaai is, het baie diere gelok.

Stephanie P - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephanie P
Saam met vriende

Beste bos naweek.

Regtig 'n baie lekker huis om in te bly, sal vir seker weer hier bespreek. Die watergat wat so naby die huis is lok al die bokke toe by jou.

Corli L - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corli L

Wat 'n heerlike rustige wegbreek!

Dit was 'n heerlike wegbreek in die Bosveld saam met my man en ons twee seuns en skoondogters, met soveel verskillende diere wat vir ons kom kuier het. Terwyl ons seun in die splash pool was het 'n volstruisfamilie met 5 kleintjies 'n draai kom maak. Dit was priceless! Van die ander diere wat kom kuier het was 'n bosbokooi, heelwat vlakvarke, 'n hele klomp njala's - bulle en koeie met hul jongklomp. 'n Pragtige koedoebul het kom water drink en een aand om die braaivleis vuur het 'n renosterbul sy verskyning gemaak, ek weet nie wie het groter geskrik, ek of hy nie! Was nogal 'n belewenis om hom so van naby te sien. Vir ons as gesin wat die natuur geniet was dit voorwaar 'n heerlike bederf. Baie dankie vir al die reëlings om ons verblyf onvergeetlik te maak.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Goeiedag Juliana,

Baie dankie vir die pragtige terugvoer. Ek is so bly julle het dit geniet! Hoop ons kan julle weer spoedig terug verwelkom.

Vriendelike Groete

Rosa vd Merwe
Twiga Lodge

Twiga Lodge Mabalingwe
Hannes V - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hannes V

Gerieflike huis vir 'n kort wegbreek in die bos.

Ons het Twiga Lodge vroeg September besoek. Die huis was alles en meer as wat ons verwag het. 'n Hoogtepunt was die watergat wat 20 meter van die huis is en baie diere lok. Mens kan amper die hele dag net op die stoep sit. Die huis word goed onderhou en die beddens was baie lekker om op te slaap. Die enigste negatiewe vir ons is dat dit relatief naby aan die teerpad tussen Bela-Bela en Thabazimbi is en dat mens ongelukkig die verkeer hoor.

Estelle N - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Estelle N

Heerlike ontspannende wegbreek.

Pragtige akkommodasie. Asemrowende omgewing. Wild op jou voorstoep. Wat 'n belewenis.

Ursula C - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ursula C
Gesin met klein kinders

Baie lekker en rustig gewees.

Was baie lekker daar en die diere is heeltyd om die plek ook. Die plek is netjies en goed geleë.

Winifred V - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Winifred V
Saam met vriende

'n Stukkie hemel in die bosveld.

Twiga Lodge het al my verwagtinge oortref. Dit is beslis 'n pragtige plek met al die geriewe wat jy tuis het. Die huis is so gebou dat jy van orals in die huis, die bos kan sien. Twiga Lodge het 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en 'n tumble dryer. Daar is 'n buitebraai, 'n binnebraai en 'n kaggel. Dit is pragtig gemeubileerd met elk van die drie slaapkamers met 'n en suite-badkamer. Daar is ook twee enkelbeddens op die eerste vloer. Ons (drie volwasse vrouens) het vir twee nagte daar geslaap en het baie veilig gevoel. 'n Paar treë van die Jacuzzi, is 'n watergat. Dit het baie diere gelok. 'n Mens sit net op die stoep en wag vir die bosteater om te begin. Ons het baie diere besoekers gehad wat tot naby die huis kom. Ek sal Twiga Lodge beslis aanbeveel. Daar is baie aktiwiteite in die omtrek. Ons het byvoorbeeld die cheetahs en olifante besoek. Die Mabalingwe oord het ook restaurante en swembaddens, ens.

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Winifred,
Baie dankie vir die mooi review so bly julle het julle kuiertjie by Twiga geniet.
Ons sien uit om julle weer by Twiga te verwelkom.

Vriendelike Groete,
Rosa

Twiga Lodge Mabalingwe
Marlize T - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlize T
Gesin met klein kinders

Dit was fantasties!

Pragtige plek! Alles wat jy nodig het en naby Pretoria!

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Marlize,
Baie baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Ons by Twiga sien uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike Groete
Rosa
Twiga

Twiga Lodge Mabalingwe
Ida L - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ida L
Gesin met klein kinders

Baie aangenaam, alles baie smaakvol.

Die huis is baie gemaklik, veral die leefgedeelte. goed toerus en die watergat is 'n wenner. Trappe na bo is nie so gemaklik nie en sal nie sê swembad se sonverhitting is doeltreffend nie. Sal maklik weer Twiga Lodge gebruik!

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Ida
Baie dankie vir die positiewe resensie.
So bly julle het dit geniet ek sien uit om julle weer by ons te verwelkom.
Vriendelike Twiga groete!
Rosa vd Merwe

Twiga Lodge Mabalingwe
Anton K - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anton K

Wat 'n great plek!

Ons was 3 swaers en 3 skoonsusters wat die kids by ouma en oupa gelos het vir 'n breakaway. Die plek is rêrig baie goed uitgeleë en het alles wat 'n mens soek. Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Twiga rock!

Twiga Lodge Mabalingwe's terugvoer

Hi Anton,
Jy laat hart sommer warm klop!!!!, so bly julle het dit geniet.
Sien uit om julle weer by Twiga te verwelkom.

Rosa vd Merwe

Twiga Lodge Mabalingwe
was R3 000
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 8)
was R3 000
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 8)
was R3 000
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olievenfontein 204, 28 km vanaf Bela Bela, Mabalingwe Natuurreservaat, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72b3dee7f69f2c494657c3ae15dced140b898422a05f909bda35bcf0de865a456249650e0f696b842b9422853b3d3fb81d3f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 000, nou Vanaf R2 250  per nag (plek vir 8) 24 5 1 5 No 204 Olievenfontein 28 km from Bela Bela 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -24.854329 28.055192
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!