TwoAngels

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Geleë aan die waterkant van die Knysna Lagune, bied hierdie manjifieke 6-slaapkamerhuis met 3 see-uitsig kothuise die beste ligging op die Suid-Afrikaanse kuslyn. Hierdie snoesige en stil plek is geleë in 'n beskutte inham en kyk uit oor die Outeniekwaberge in die verte, met die warm water van die Indiese Oseaan wat klots aan sy soom.

Die pragtig gemeubileerde hoofhuis het slaapplek vir 14 gaste in 6 slaapkamers en 'n uitstekende ligging. Dit het 2 kombuise; die hoofkombuis asook een vir die gebruik van selfbediening van die laer grondvloerkamers. Die hele huis kan gehuur word, of net sekere individuele kamers, soos benodig.

Die unieke, romantiese en snoesige Lovers Nest teenaan die waterkant, is 'n losstaande selfonderhoudende ten volle toegeruste wittebrood-suite, waarin 2 kan slaap.

Die Oyster Shell is 'n see-uitsig selfonderhoudende ateljee-woning op die boonste grondvloer van die anneks, waarin 2 kan slaap.

Die Angel's Lair is 'n luukse see-uitsig selfonderhoudende 2-slaapkamer woning op die boonste vloer van die anneks.

TwoAngels voorsien nie maaltye nie. Ons nooi gaste uit om die East Head Cafe te besoek wat pragtig teen die Koppe geleë is, net 5 minute se stap van die huis af. Hulle bedien daagliks ontbyt en middagete.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na TwoAngels gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 370 R1 165 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za