Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat

Selfsorg
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tygerhoek-plaas, Touwsrivier, 6880, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat is die perfekte Karoo-wegbreek wat onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk is, heeltemal privaat is en omsingel word met die natuur. Tygerhoek Karoo Mountain Retreat is net 20 km buite Touwsrivier waar die kakiegroen slangverklikker van die Slangrivier-vallei tussen die kranse van die Langeberg-berge verdwyn. Die reservaat is sowat 4 000 ha van inheemse wilderness en kruip weg in 'n vallei wat aan die suidwesterlike oewer van die Karoo, oos van die Hexrivier-berge en noord van Langeberg, geleë is.

Selfsorgverblyf word in die luukse lodge en 2 kothuise aangebied. Die eenhede is uitmekaar gespasieer om privaatheid te bied. Elke eenheid is met inheemse bome en vetplante omring en het 'n pragtige uitsig op die berge en vlaktes. Die lodge en kothuise is van plaaslike klip en steen gebou om met die omgewing saam te smelt. Dit is smaakvol versier met unieke ankieware en versamelitems wat daardie Karoo-karakter skep en die slaapkamers het luukse linne. Selfsorggeriewe, beddegoed en handdoeke word voorsien, die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n buitebraai. Die eenhede is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en maak gebruik van sonkrag. Daar is dus geen 220V-eletrisiteit nie. Die stoof, yskas en geysers maak alles gebruik van gas. Weens die afgeleë ligging van die reservaat is daar nie WiFi of selfoonsein nie.

Aangesien dit 'n wildernisarea is, word geen troeteldiere op die perseel toegelaat nie.

Die area het 'n oorvloed van wild en gaste kan uitkyk vir springbokke, steenbokke, gemsbokke, klipspringers, die Vaalribbok, duiker, vaalboskat, sivetkat, dassies, luiperds, ratels, aardvarke en ystervarke. Ander diere soos die rooijakkals, rooikatte en die Kaapse bergluiperd maak ook 'n verskyning. Die reservaat is ook die tuiste van die bedreigde oewerkonyn en 3 pare Witkruisarende. Gaste kan verwag om voëlspesies soos die lewers, Karoo-korhane, Karoo-swaeltjies, muisvoëls en spreeus te sien. Daar is bewyse dat die luiperds in die heuwels rondbeweeg en die gekrapte merke op die paadjies is dié van ystervarke en erdvarke wat te skaam is om gesig te wys as mense daar rondloop. Gaste kan wel veldmuise, slange en af en toe muishonde teëkom.

Gaste kan die enorme reservaat verken of bergklim om die ononderbroke uitsigte van die Langeberg-berge en Klein Karoo te bewonder. Die reservaat is drawwers en bergfietsryers se droom wat verskeie roetes, van steil hellings en tegniese afdelings tot vinnige, plat afdelings op die jeepbaan, bied.

Let asb. dat 'n voertuig met 'n hoë grondhoogte aanbeveel word en gewone sedan-voertuie op die grondpad sal sukkel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 7 resensies vir Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jurgen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 2

Ligging

  • Tygerhoek-plaas, Touwsrivier, 6880, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tygerhoek Karoo Mountain Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tygerhoek-plaas, Touwsrivier, 6880, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd452461a044f9462f42302001b8000257cb01889c6aa111ce6b5e697bcfe616e7f4579850b0c71695622806c5498b53edf6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 5) 7 5 1 5 Tygerhoek Farm Touwsrivier 6880 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -33.373475991092 20.161676788764
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem