Uil Skuil Camping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uil Skuil is 'n privaat kampeerterrein op die Vredenshoogteplaas in die pragtige Keisievallei naby Montagu in die Wes-Kaap. Die plaas is 9,5 hektaar groot en boer met organiese vrugte. Dit is net 25 km van Montagu af en bied die ideale kampverblyf vir paartjies, vriende of gesinne.

Die kampeerterrein word net aan 1 groep op 'n slag verhuur, so gaste wat hier tuisgaan het volkome privaatheid, en maksimum 6 mense word toegelaat. Uil Skuil bied gras-staanplekke, 'n sentrale vuurput, ablusieblok en lapa. Die lapa het opwasgeriewe, bankies en 'n tafel en dis aan twee kante oop sodat gaste die asemrowende uitsigte kan geniet al reën dit daardie dag.

Die ablusieblok het 'n wasbak, spieël, warm stort en spoeltoilet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uil Skuil Camping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za