Ukuthula Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ukuthula Lodge is 'n besonderse privaat wildreservaat van 300 hektaar wat teen die hange van die Karkloof lê en uitkyk oor die Albert Falls-dam.

Dié lodge het 6 grasdak-chalets wat elkeen selfsorgverblyf aan 4 gaste bied. Elke chalet is in neutrale Afrika-kleure getooi om 'n rustige en ontspanne atmosfeeer te skep. Die lugtige kamers bied toegang tot die boonste houtdek met wonderlike uitsigte. Wees op die uitkyk vir njalas, koedoes, waterbokke, sebras, kameelperde, elande, blouwildebeeste, duikertjies, tierboskatte, rooikatte, muskejaatkatte, rooijakkalse, vlakvarke en tientalle voëlsoorte. Jag-aktiwiteite word nie toegelaat op die perseel nie en daarom kan diere te voet bekyk word.

Die hoofdek kyk uit oor een van die damme waar die skugter moeraswaterskilpaaie in die son kom bak en die rooivinke in die riete kwetter. Kyk ook uit vir groter diere soos kameelperde of die piepklein vlakvarkies wat hier hul dors kom les.

Die rivier-boma is by die sameloop van die Karkloof- en die Umgeni-rivier geleë waar otters graag baljaar en die geroep van die visarend gehoor kan word. Daar is tientalle visvang-jetties waar ywerige vissermanne karp en ander vissoorte kan kom vang. Dis die perfekte plek vir kajakvaart of riviervlotvaart tot in die Albert Falls-dam. Verskeie voetslaanroetes is beskikbaar, so dis die perfekte plek vir stap, velddraf en fietsry.

Die Capture Café and Conference Centre herinner 'n mens aan vervloë dae toe buffels en renosters nog hier gewei het. Die personeel verwys na die crèche as 'n gewilde geboorteplek vir njalas en rooibokke. Ontspan saans by die chalets langs die braai of staan en kyk hoe 'n potjie prut terwyl julle aan skemerkelkies teug en kyk hoe die son agter die berge verdwyn.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ukuthula Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false