Unit 3 The Bridge
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Unit 3 The Bridge is ’n moderne selfsorgwoonstel in St. Lucia waar Harry, die inwonende seekoei, luilekker in die son ontspan, in die hartjie van die iSimangaliso Vleilandpark.
Dié luukse woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, wat na ’n beskutte stoep lei. Die eerste kamer het ’n koningingrootte-bed, lugversorging en ’n moderne en suite-stort. Die tweede kamer het ’n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ingeboude kaste, bedkassies en ’n speëltafel. Die tweede badkamer het ’n bad, wasbak en toilet. Die beddens het katoenlinne en katoenbadhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met ‘n stoof met ‘n stoomwaaier, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër en graniettoonbank. Die eetarea het ’n etenstafel vir 6. Die sitarea het lugversorging, ’n L-vormige sitkamerstel en ’n platskerm-TV met 66 DStv-kanale.
Die leefarea het ’n skuifdeur wat lei na ’n beskutte stoep met horkies vir privaatheid. Die stoep het ook ’n L-vormige rusbank, koffietafel met ’n uitsig oor die riviermond en ’n gasbraai. Harry, die seekoei, ontspan naby die woonstelstoep. Daar is nog ’n braai-area wat met die eenheid langsaan gedeel word, maar gaste het hul eie braai in die area.
Slaapplek
’n Bespreking by Unit 3 The Bridge sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Shannon Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 83
Jaar gelys 8
Ligging
- Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Unit 3 The Bridge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenziestraat, The Bridge Apartments, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom