Vaaldam @ Sgt Pepper's

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sgt Pepper's Gastehuis is op die oewer van die Vaaldam in die dorpie, Oranjeville, in die Vrystaat geleë. Die perseel het direkte toegang tot die dam met 'n area waar gaste hulle bote te water kan laat.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste, naamlik 6 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Langsaan die hoofslaapkamer is daar 'n dubbelslaapbank en in die leefarea het 2 enkelslaapbanke. Alle linne, handdoeke en toiletpapier word voorsien.

Die huis het 'n kombuis, 2 leefareas met TV's en DStv-kanale, en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond en genoeg kaste met breekware, eetgerei, potte, panne, bakware en oondware toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, diepvrieskas en 'n ysmasjien.

Die ruim onderdakstoep spog met 'n ingeboude braai en stoepmeubels. Van hiér af kan gaste heerlik oor die dam tuur. Die huis is met 'n alarmstelsel beveilig. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Doendinge in die omgewing sluit visvang, watersport, kajakvaart, fietsry en ander buitesport in.

Slaapplek

'n Bespreking by Vaaldam @ Sgt Pepper's sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vaaldam @ Sgt Pepper's gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za