Vans View
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 20 Jun 2022 tot 31 Jul 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R550R440 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Vans View is 'n selfsorg-vakansiewoonstel op die grondvloer wat in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo geleë is. Die woonstel is teen die strand geleë op die welbekende Lillecrona Boulevard en is ideaal vir die hele gesin. Ouma, Oupa en die kinders is almal welkom hier!
Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n slaapbank in die sitkamer wat geskik is vir 2 kinders. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die gerieflike sitkamer het 'n platskerm-TV en DStv-koppelpunt, so bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart saam. Die woonkamer bied toegang tot die patio en privaat tuin met 'n braaiplek.
Die kompleks het 'n swembad wat in 'n tropiese tuin geleë is met 'n gemeenskaplike braaiplek met tafels en stoele. Die woonstel het 1 veilige onderdakparkeerplek en daar is ook parkeerplek vir waentjies beskikbaar. Die naaste strand, Lucien-strand, het Blouvlagstatus en dis net 'n paar minute se stap van die woonstel af. Daar is ook verskeie visvangplekke binne stapafstand waar jy kan gaan lyn natmaak.
Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Oribi Gorge, Wild Coast Sun en Ushaka Marine World besoek kan word.
Slaapplek
’n Bespreking by Vans View sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Vans View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom