Tankwa Karoo Akkommodasie by Verlatenkloof Guest Farm | LekkeSlaap
+55

Verlatenkloof Guest Farm

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, 26 km voor Sutherland, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R260 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Verlatenkloof Guest Farm is op die R354, 26 km voor Sutherland. Dit is ideaal vir besoekers wat Sutherland se omgewing wil verken, die pragtige bergpasse wil beleef, of 'n stukkie van die Anglo-Boereoorlog wil naspoor.

Dié plaas bied gerieflike verblyf in goed toegeruste kothuise, en daar is ook kampeerplek beskikbaar. Die son voorsien elektrisiteit in die 4 kothuise, daar word met gas gekook, elke eenheid het 'n kaggel en daar is 'n braai-area. Die kampeerplek bied genoeg skaduwee, maar dit is nie toegerus met elektrisiteit nie.

Onthou asb. om jou eie beddegoed, handdoeke, kampeerlantern, flits en ys saam te bring. Beddegoed is beskikbaar teen ekstra kostes.

Verlatenkloof is ook 'n produserende plaas. Gaste is welkom om die plaas te verken en al langs die skaap-paadjie tot bo op die berg te stap - die uitsig is pragtig! Saans krioel die naghemel van al die sterre. Doen gerus navraag as jy die SALT (Southern African Large Telescope) wil besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 6 resensies vir Verlatenkloof Guest Farm
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • R354, 26 km voor Sutherland, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Verlatenkloof Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Noord-Kaap
Vanaf R260
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R260
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R354, 26 km voor Sutherland, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE1ZTIwMGUwLTcyN2YtNDc0MC05ODEyLWVjNjMzNzIzNzI2Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R260  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 R354 26 km before Sutherland 6920 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.5575 20.553888888889
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za