Victoria Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Victoria Hotel is 'n hotel wat in die begin van die 19de eeu gebou is. Hierdie familiebesigheid-hotel is in die dorpie Bredasdorp in die Suidelike Overberg van die Wes-Kaap, so 38 km van die mees suidelike punt van Afrika af.

Akkommodasie word aangebied in deluxe, en standaard enkel-, dubbel- en 2-enkelbedkamers, sowel as 'n deluxe gesinskamer, 'n vierpersoon-kamer en 'n sakpaskamer. Alle kamers beskik oor 'n TV. Die deluxe kamers en die vierpersoon-kamer het 'n platskerm-TV en 'n koffie- en teeskinkbord. Al die kamers is en suite, behalwe vir die sakpaskamer wat toegang tot 'n gemeenskaplike badkamer en toilet bied. Gaste geniet toegang tot 'n gaste-sitkamer en die hotel se kroeg om sport te kyk of by die kaggel te ontspan. WiFi-toegang en gedeelde DStv is beskikbaar in alle gemeenskaplike areas.

Bredasdorp is 38 km van L'Agulhas af, 33 km van Struisbaai af en 25 km van Arniston af. 'n Plaaslike besienswaardigheid in die dorpie is die Skeepswrak-museum wat die enigste een van sy soort in die land is. Die museum bied 'n uitgebreide versameling meubels en artefakte van skepe wat al langs die kus skipbreuk gely het. Nog 'n besienswaardigheid is die Heuningberg Natuurreservaat, ideaal vir natuurliefhebbers en voëlkykers. Besoekers kan ook kort staptogte in die berge geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victoria Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R570 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]