Victory View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Victory View bied gerieflike verblyf in 'n oopplan-ateljeewoonstel met sy eie ingang op 'n residensiële perseel waar die eienaar ook woon. Victory View het 'n pragtige ligging bo 'n seiljaghawe in Simonstad met 'n lieflike uitsig oor Valsbaai. Gaste kan met die klanke van seemeeue en die mooiste uitsigte wakker word.

Die ateljeewoonstel het 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer met 'n groot stort en 'n verhitte handdoekreling, 'n kombuisie en 'n sitarea. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskassie, tweeplaatgasstoof en eetgerei toegerus. Tee en koffie is beskikbaar en die woonstel het 'n haardroër, strykplank en 'n strykyster. Daar is ook 'n TV met DStv in die woonstel.

Die woonstel is net glas aan die een kant en het 'n uitsig oor 'n groot, beskutte stoep wat 'n uitsig oor die see bied. Die stoep is gedeeltelik onderdak en het braaigeriewe. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel en 'n enkelmotorhuis. Daar is 'n kabelspoorweg tot by die woonstel se voordeur vir diegene wat nie wil trappe klim nie. 'n Kontinentale ontbyt is beskikbaar of gaste kan van die selfsorgkombuisie met 'n toonbank gebruik maak.

Simonstad is 'n bekoorlike dorpie met restaurante, koffiewinkels, Jubilee Square en Simonstad Waterfront. Seaforth-strand is 1,6 km van die eiendom af en Boulders-strand met die pikkewyne-kolonie is 2,4 km weg. Gaste kan ook soggens in die berg gaan wandel.

Slaapplek

'n Bespreking by Victory View sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victory View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]