Villa Majestic vir Ekslusiewe Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Port Alfred is die Sonskyn Mekka van die Oos-Kaap.

Ons Villa gaan jou toevlugsoord word. Villa Majestic bied jou die verblyfgeleentheid van 'n leeftyd, hetsy dit vir 'n B&B of vir selfsorg is. Met 'n 180° see-uitsig en naby die strand geleë, sal ons villa jou luukse bestemming word. Met die keuse van B&B of selfsorg, sal jy as die reisiger in staat wees om die tipe verblyf wat jy regtig van 'n 5-ster instansie verwag, te bespreek.

Ons B&B-verblyf bied jou die vakansie wat jy verdien. Om in die oggend wakker te word met die reuk van 'n heerlike ontbyt, en die gebruis van die branders wat in die verte breek, is werklik hemels.

Ons selfsorg-villa-opsie gee aan jou die vryheid om die heerlikste maaltye in jou eie, ten volle toegeruste kombuis, te berei, of dalk is 'n braai op die dek wat oor die see uitkyk meer na jou smaak. Die dek is ook toegerus met 'n houtskoolbraaigerief.

2 Slaapkamers, 'n vol badkamer met bad en aparte stort, ten volle toegeruste kombuis met granietblaaie, 'n 6-fase omkeerbare osmotiese filtreersisteem, sitkamer, eetkamer, patio-area toegerus met 'n Weberbraai, private sondek, en satelliet TV (DStv en M-Net) in die sitkamer sowel as in die slaapkamers. Infrarooi sekuriteitstelsel in die private rylaan, ten volle gediens en wasgoeddienste is beskikbaar.

Kom en geniet die son, see, rivier en pragtige omstreke van die Oos-Kaap waar jy die paradys gaan ontdek.

Port Alfred bied jou die "Groot 7" wildbesigtiging in 'n malariavrye-area, watersport, hengel (rivier en diepsee), wandeltoere en voëlkyk. Sportgeriewe sluit in die Royal Alfred gholfbaan in sy majestueuse ligging wat uitkyk oor die diepblou van die Indiese oseaan. Die bekende 43 Vliegskool en Stenden Universiteit is in Port Alfred geleë.

Met die nabygeleë ligging van 2 internasionale lughawens sal jou reis 'n plesier wees.

Villa Majestic is geleë in Forest Downs wes van Port Alfred se sentrale besigheidsdistrik. Dit het 'n uitsig oor die Indiese oseaan, en is ongeveer 2 km geleë vanaf die Royal Alfred-gholfbaan, en 4 km vanaf die middedorp geleë. Rosehill Mall is binne 4 km vanaf Villa Majestic geleë. Port Alfred is 150 km vanaf beide Port Elizabeth en Oos-Londen geleë, met kilometers ongerepte strande. Kelly's strand het Blouvlagstatus.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Majestic Vir Ekslusiewe Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za