Villa Elaine
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R5 400 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Villa Elaine is 'n lieflike vakansiehuis met 'n pragtige see-uitsig in Onrus, Hermanus. Dit is ideaal vir 'n kusvakansie met die gesin en vriende, aangesien dit 'n kort entjie se stap vanaf Onrus-strand en die kranspaadje is.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed, en 'n ander met 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders. Daar is 2 badkamers met 'n stort, terwyl die laaste badkamer 'n bad en 'n stort het.
Die oopplan-leefarea is op die grondverdieping en het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel met 'n utisig oor die see. Daar is nog 'n leefarea met 'n TV-kamer en 'n kombuisie met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en yskas-vrieskas bo.
Die boonste verdieping lei na 'n balkon wat die ideale plek is vir 'n oggendkoffie. Die grondverdieping lei na 'n groot stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe waar gaste saam kan kuier. Daar is ook 'n buitestort vir gaste wat die seesand wil afspoel.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Jeaneke Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 22
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Villa Elaine het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap