Vogelgezang Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

De Mond-kothuis en die Vissers-cabin is 2 aparte selfsorg-eenhede op die Vogelgezang-plaas. De Mond-kothuis was oorspronklik in die vroeë 1900's gebou en lê in 'n stukkie natuurlike fynbos wat omring is deur landerye. Dit is afgesonder van die hoofhuis en die Vissershut af, maar net 2 km van die De Mond Natuurreservaat af. Die Vissershut is 'n ouwêreldse huisie wat op 'n sandduin geleë is. Die hut is omring deur fynbos en kyk uit oor die see. Die spierwit strand is slegs 1 km van die hut af.

Die kothuis het 'n gerieflike leefarea, 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 mense, 2 badkamers en 'n solder bo met slaapplek vir nog 4 gaste. Die hut het 'n klein oopplan-kombuisie en -sitarea en slaapplek vir 4 tot 6 mense.

Die kothuis en hut is volledig toegerus vir selfsorg met 'n kombuis (yskas, gasoond en buite-braai). Die kothuis het 'n binne-braai. Breekware en eetgerei word voorsien.

NB: Bring asb. jou eie beddegoed, d.w.s. linne, 'n deken en komberse. Daar is nie elektrisiteit nie, maar paraffienlampies en kerse word voorsien.

Die mond van die Heningnesrivier (de Mond) lê tussen Arniston en Struisbaai en is slegs 2 ure se ry van Kaapstad af. Die riviermonding is ongerep en uniek aan die Suid-Kaapse kus - soos vorige besoekers aan die natuurreservaat en Arniston sal getuig. Die visvang-geleenthede is volop - knorder, steenbras, leervis, elf, springer en 'n gestreepte harder kom almal in dié monding en langs die kus voor.

Voëlkyk-geleenthede is net so goed. Die Damaras van de Mond deel die riviermonding vreedsaam met die Kaspiese seeswaeltjie wanneer hulle 'n draai kom maak. Dié swaeltjies het 'n broeikolonie hier by die riviermonding. Die Swarttobie is 'n bedreigde spesie wat hier by die monding voorkom. Bloukraanvoëls en flaminke is maar net 'n paar van die voëlspesies wat jy hier op die plaas en vleilande sal sien.

As jy net wil ontspan vir die naweek, boeke lees, met vriende kuier, kreatief of aktief wil wees, is De Mond-kothuis en Vissershut die ideale plek vir jou. Die uitsig oor die landerye, see en die onvergeetlike sonsondergange sal jou kalmeer en die kans gun om jou siel te herstel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vogelgezang Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]