Voorbegin Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Voorbegin Lodge is op die oewer van die Vaalrivier geleë, net buite Bothaville in die Vrystaat. Hier heers 'n vreedsame atmosfeer en die natuur is asemrowend. Ons maak voorsiening vir klein en groot groepe, gesinne en paartjies. Troues en verjaardae word ook gereeld hier gevier.

Ons bied slaapplek vir 54 gaste in 6 huisies, 6 Ossewa-kampe, 4 Tentkampe, en 1 Rivierhuis.

Die huisies het en suite-badkamers en is langs die dam geleë - daar is 5 gesinseenhede en 1 wittebrood-suite. Elke huisie het 'n dubbelbed (daar is stapelbeddens vir kinders in die gesinseenhede), lugversorging, 'n kombuis en 'n stoepbraaiplek. Al die huisies het asemrowende uitsigte oor die sonsondergang en is ideaal vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Die Tentkamp bied 'n weermag-atmosfeer en is ideaal vir veterane en die jonger geslag. Dié eenhede is nie toegerus met al die basiese moderne geriewe nie.

Die Ossewa-kamp het 'n historiese gevoel en is toegerus met meubels uit 'n vervloë era. Dié eenheid het gerieflike beddens, 'n kombuis en lugversorging.

Die Rivierhuis is op die oewer van die rivier so dit is ideaal vir hengelaars. Hierdie eenheid het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers en daar is 2 badkamers. Verder is daar 'n toegeruste kombuis, eet- en woonkamer, DStv en lugversorging.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Voorbegin Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za