Vrede Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vrede Hotel bied B&B-verblyf in die klein dorpie Vrede in die Vrystaat. Die hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek gedurende 'n vakansie of besigheidsreis.

Die verblyf by Vrede Hotel beskik oor 23 kamers wat smaakvol ingerig is. Die kamers is elkeen ingerig met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens asook 'n en suite-badkamer. Die kamers bied ook elkeen lugversorging, verwarming, 'n elektriese kombers, 'n TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe en ander luukse geriewe.

Hotelgaste en die publiek kan kies tussen 3 kroeë op die hotel se perseel: Linger Longer Wynkelder, AJ's Sportkroeg en The Terrace Deck Mengeldrankiekroeg.

Arabella's, die à la carte-restaurant by Vrede Hotel, bied sitplek vir tot 48 gaste en bedien verskeie smullekker disse soos eksotiese kerriesoorte, seekosdisse en biefstuk. Maaltye word ook op die terras of grasdak-lapa bedien wat ook oor 'n braaiplek beskik.

Daar is 'n funksiekoördineerder, gekwalifiseerde sjef en 25 personeellede op die perseel. Vrede Hotel reël op 'n daaglikse basis verskeie klein en groot funksies.

Verder wil Vrede Hotel graag verseker dat gaste die beste moontlike ervaring met funksies of besigheidspakkette het en die volgende woord aangebied: perde en perdekarre, verskeie klassieke motors en 'n 4x4-pendelbussie is te huur. Die gebruik van 'n nabygeleë plaas vir foto's of spanbousessies kan ook gereël word.

Die Vrede Hotel is ten volle toegerus vir alle funksies en geleenthede, van gesinswegbreke oor naweke, intieme troues en romantiese etes, tot sakevergaderings en konferensies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vrede Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false