Walker's Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Walker`s Stay is 'n selfsorg-eenheid op die tweede verdieping van die eienaar se perseel in Noordhoek. Die eenheid is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders wat die natuurskoon van die 'Deep South' in Kaapstad wil ervaar.

Die woonstel het sy eie ingang, veilige parkeerplek agter 'n hek en is heeltemal apart van die hoofhuis. Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort. Vars linne en donserige handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea het gemaklike stoele en 'n TV. Gratis WiFi word voorsien.

Gaste kan van die verhitte swembad en braaigeriewe gebruik maak, indien dit vooraf met die eienaars gereël word.

Die eienaar, Delon, is 'n gekwalifiseerde SAMSA-skipper en het sy eie privaat diepseehengelboot, Heliox. Gaste kan diepseehengel of sonsondergangbootritte geniet, mits dit vooraf met die eienaar gereël word.

Daar is ander doendinge soos wynproe, fietsry om Kaappunt, hardloop op Chapman's Peak of voetslaan op die nabygeleë Tafelberg Nasionale Park se roetes.

Slaapplek

'n Bespreking by Walker's Stay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Walker's Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za