Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Walkersons

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 22 Apr 2024 tot 2 Mei 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 500 R3 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Walkersons Estate is reg op die Mpumalanga-hoëveld platorand se mis-sone, 10 km buite Dullstroom. Dié huis is in die Oos-Transvaalse styl gebou, ruim en het 3 slaapkamers en 'n studeerkamer. Dit is geskik vir 6 volwassenes en 2 kinders.

Die hele huis is op dieselfde vlak en grootliks geskik vir gaste met mobiliteitsuitdagings. Let egter daarop dat daar een trappie na die voorste stoep is.

Die 2 hoofslaapkamers is ruim, het elk 'n pragtige uitsig oor die Walkersonsvallei, met ’n koningingrootte-bed, elektriese komberse en 'n verhitte en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die studeerkamer, met 2 enkelbeddens. Elk van dié twee kamers het 'n mooi uitsig na die oostelike kant en deel 'n volle badkamer.

Daar is 'n ruim oopplan-leefarea met 'n sitarea, eetarea, kombuis en 'n opwasarea. Die kombuis is met gasstoof, 'n elektriese waaieroond, lugbraaier, mikrogolf, groot yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n Nespresso, Nescafé Dolce Gusto en plunger-koffiemakers (gaste moet asb. net hulle eie koffie en kapsules saambring). Die sitarea het gemaklike sitplekke, DStv Premium, TV, DVD-speler, onafhanklike skootrekenaarskerm en 'n klankstelsel. Gratis Wi-Fi is beskikbaar vir sosiale media en DStv Premium wat sportkanale insluit.

Daar is buitebraaigeriewe op die stoep. Onderdakparkeerplek vir 4 voertuie, waarvan twee in 'n toesluitmotorhuis is.

Gaste kan gerus bergfietse saambring om die pragtige geplaveide paadjies te verken.

Gaste moet hul eie visvang-toerusting saambring. Slegs forel-kunsvlieghengel met drywende lyn en haaklose hoeke word op 'n vang-en-vrylaat-basis in die damme toegelaat, geen visvang in die rivier nie. Slegs gaste in ons huis mag visvang, geen besoekers word toegelaat om vis te vang nie.

Walkersons is 'n luukse landgoed wat professioneel onderhou word en het ongelooflike natuurskoon, 'n bergstroom, waterval en vleilande. Die landgoed fokus op die natuur met aktiwiteite soos bergfietsry, draf, stap op geplaveide roetes, voëlkyk, perdry, bergklim, 14 wildsoorte en verskeie foreldamme om in te hengel. Verder kan gaste die luukse spa by die die 5-ster-hotel, Walkersons Country Hotel, besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Walkersons sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Dienste

  • Kamer daagliks skoongemaak

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 12 resensies vir Walkersons
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Jaar gelys 3

Ligging

  • R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Walkersons het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 500
R4 500 R3 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 500
R4 500 R3 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a10d159e45a9f2b2e350e2c66f0a0e4d62005e5ed2d6c21b84158090d0f45a8b0942d16369720896c5b5243276729ac27db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 500 nouVanaf R3 600 per nag (plek vir 8) 12 5 1 5 R540 Walkersons Luxury Estate 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.367748594513 30.193427934138
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem