LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wandersheim | LekkeSlaap
+25

Wandersheim

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Roodewal, Lüneburg, 3183, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Wandersheim bied selfsorgkothuise op 'n plaas in die bergagtige landskap tussen Wakkerstroom en Paulpietersburg in Lüneberg, Mpumalanga. Die akkommodasie is ideaal vir 'n groot groep vriende of families op soek na 'n rustige vakansie of 'n wegbreek, weg van die stad se rumoer en die alledaagse, besige skedule.

Akkommodasie by Wandersheim bestaan uit 3 kothuise wat ruim is en sorgsaam gemeubileer is. Die eerste kothuis se naam is Vugutu Heights en beskik oor 5 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk wat as dubbelbeddens geskuif kan word. Die kamers het elk hul eie en suite-badkamer met 'n stort en/of bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kothuis het ook 'n ruim kombuis wat ten volle toegerus is sodat julle lekker kan kosmaak, 'n sitkamerarea en 'n privaat balkon wat oor die asemrowende berglandskap uitkyk.

Die 2 oorblywende kothuise se name is Somi's Den en Landa's Hut. Elkeen bied slaapplek vir tot 6 mense en bestaan uit 2 slaapkamers op die grondvlak en 'n derde solderkamer. Daar is 1 badkamer wat gedeel kan word, 'n stort en bad, 'n wasbak en 'n toilet. Hierdie eenhede is ook ten volle toegerus met 'n oopplan-kombuis en 'n sitkamerarea.

Gaste kan die braaigeriewe by elke kothuis geniet of die lapa buite wat ook gemeenskaplike braaigeriewe bied. Verder is daar 'n rotsswembad waarin gaste kan afkoel en lieflike uitsigte oor omliggende landskap kan geniet. 'n Kort entjie van die kothuise af kan gaste die Ntombe-waterval gaan besoek. Dis 'n rustige plek waar jy rus vir die siel kan vind en dis hoekom soveel mense kies om by Wandersheim te kom wegbreek.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Wandersheim
Netheid
4.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Farm Roodewal, Lüneburg, 3183, Mpumalanga
  • Gaste dink Wandersheim het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mkhondo Mpumalanga
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Roodewal, Lüneburg, 3183, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiN2EwMjUxLTNlZDYtNGU2OC1hYzRhLTZiZjQxNDJjYTNkMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 Farm Roodewal Lüneburg 3183 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -27.277403325982 30.578902065754
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!