Watersedge 22
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 10 Apr 2024 tot 30 Apr 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1ste Laan Melkbosstrand, Watersedge No. 22, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Watersedge 22 is 'n selfsorgwoonstel in Melkbosstrand – 'n kusdorpie aan die Weskus. Dié dorpie is na aan die noorde van Big Bay en Bloubergstrand, 25 km vanaf Kaapstad en die Waterfront, asook 30 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Die woonstel bied 2 slaapkamers, 2 badkamers en slaapplek vir 4 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer wat met 'n stort ingerig is. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die aparte badkamer is ook met 'n stort ingerig.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Verder is daar ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien vir gaste se gerief. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n ingeboude braai-area en 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n PVR. Alle linne sal voorsien word en skoonmaakdienste kan tydens gaste se verblyf teen 'n ekstra koste gereël word.
Die woonstel is op die tweede vloer van die kompleks en ook op die strand geleë en dit bied beeldskone uitsigte van Tafelberg, Robbeneiland en Natuurreservaat. Vanaf jou bed in die hoofslaapkamer sal jy sien hoe die branders op die rotse breek. Daar is 'n see-uitsig vanaf die slaap- en sitkamer, kombuis en die balkon.
Slaapplek
’n Bespreking by Watersedge 22 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Christa Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 116
Jaar gelys 11
Ligging
- 1ste Laan Melkbosstrand, Watersedge No. 22, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Watersedge 22 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1ste Laan Melkbosstrand, Watersedge No. 22, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom