Weltevreden Country Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Weltevreden Country Guest Lodge is in Tom Burke op Weltevreden Plaas sowat 9 km vanaf die Martin's Drift- en Groblersbrug Grenspos na Botswana. Dié lodge is ideaal vir sake- en vakansiereisigers wat op soek is na oornagverblyf of vir gaste wat troues in die omgewing bywoon. Gaste kan ook net 'n lekker stil wegbreek weg van die stadsgeraas hier geniet.

Ons het 3 grasdak-chalets met lugversorging, yskassies en en suite-badkamers. Elke chalet het slaapplek vir 2 mense en 'n ekstra bed of 'n babebadjie is beskikbaar op versoek. Ontbyt en ander etes word in die eetkamer voorgesit. Dit moet voor 15:00 die vorige dag gereël word en dit is betaalbaar by die lodge. Sekere DStv-kanale is beskikbaar.

Die gastehuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 2 gaste elk en daar is 'n ruim solderkamer met slaapplek vir nog 4 gaste. Die gastehuis het 'n sitkamer met 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n eetkamer, 2 badkamers, en 'n kombuis wat ten volle toegerus is. Al ons gaste het ook toegang tot ongekunstelde braaigeriewe. Hout, eetgerei en breekware is beskikbaar teen ekstra kostes. Al die kamers word daagliks skoongemaak.

Kyk gerus na ons pragtige meubels en versamelstukke Daar is ook items wat te koop is, sulke items is gemerk en het pryse op. Daar is ook 'n naaldwerkwinkel op die perseel vir besoekers wat pragtige plaaslike of oorsese wol, materiaal en borduurgare wil aanskaf.

Wildritte kan gereël word by 'n ander lodge sowat 20 km ver. Daar is 'n klein Intex-swembad (3,6 m diameter) om in af te koel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Weltevreden Country Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za